Wat kan ek nou nog vir jou sê- My bitter liefde is uiteindelik verby, En net jou sterre-oë uit die duister Skyn dierdie oomblik nog naby. Wat wil jy nou nog van my hê, Eerdat die laaste gloed uitbrand? Ek weel alleen ons siele bly Nog hierdie oomblik diep verwant. Ek kan jou fluisterend vertel Die eindtoon van die helder lied Van jeug en liefde is gemeng Met skemeringe van verdriet. Ek kan jou my laaste woorde gee, My laaste trane en my laaste leed. Dan sal ek, nae dié oomblik, selfs Hart van my hart, selfs jou vergeet! Toe het ek gedink dat jy en julle Min is; ek het gevoel Dat ek verby die kille Winde van jul onreg en die doel Van jul terloopse groet is. Ek het die hoop en liefde wat ek een Gegee het as jou erfenis Geneem; ek het gelag en weens My vrolikheid en goedheid veel gewen. Maar toe die ligte dof word en die aandklok fel Die leegte inlui was ek diep bedroef en In myself was ek teleurgestel.