Ek is die lappop wat nie praat En maak net op jou liefde staat Saans lê ek blind en stil en doof En lig nie meer my semel-hoof My hande roer nier en my lyf Word met jou weggaan koud en styf Sonder jou hulp kan ek nie loop: Jy het me sommerso gekoop En sal my nog een guy fawkes-nag Goedsmoeds verbrand en daaroor lag Ek es die lappop sonder gees My pyn jou luid gevierde fees.